Magtige towerspreuke… wees versigtig! Baie mense dink dat towerspreuke net n’ eenrigting straat is. Baie mense dink dat die persoon wat die towerspreuk maak of gebruik, nie geaffekteer sal word deur die towerspreuk nie. Dit is n’ baie verkeerde denkwyse. n’ Ware towerspreuk behels albei partye. Indien jy n’ magtige wraak towerspreuk laat maak by n’ toordokter, dan is jy, die toordokter en die persoon op wie jy wraak soek, verbonde aan die towerkuns, n’ Beter manier om mee te begin, is n’ vergifnis towerspreuk en n’ verantwoordelike heks sal dit eerste aanbied voor enige tipe towerkunste wat seermaak.
Toerspreuke is soos enigeiets anders in die heelal, hul werk met energie en lig. n’ Towerspreuk deur n’ towernaar of n’ heks, gebruik dieselfde energie, net op verskillende maniere. Dit is alles net energie wat gebuig en gemanipuleer word om die benodighede van die towernaar of heks te pas.
- Wraak Towerspreuke
n’ Wraak towerspreuk het die energie van al 3 die persone verbonde aan die towerspreuk. Die mag van die heks is om die energie van die ander twee partye te buig om n’ omgewing van wraak te skep. Die toordokter sal van jou haat en jou lus vir wraak suig, dit omvorm en na die persoon, wat jy wil seermaak, buig. Terwyl dit eenvoudig mag blyk, kan dit baie gevaarlik wees vir al 3 partye. Sodra die towerspreuk ge-energiseer is deur die intensie om seer te maak, sal dit sy intensie uitsoek en vervul. Indien die persoon wat jy probeer seermaak, sterker is as jou toordokter, of n’ magtige beskermings towerspreuk het, moet hierdie “haat energie” of “wraaks energie” iewers heen gaan. Dit kan nie net verdwyn nie. Die wraak towerspreuk gaan terug na waar die minste weerstand is. Nie na die toordokter nie, juis omdat hy die mag het om dit te vermy, maar terug na die persoon wat wraak soek. Die towerspreuk sal terugslaan op jou en jy sal opeindig om seer gemaak te word deur jou eie wraak.
- Vergifnis Towerspreuk
Dit vat n’ baie magtige heks om magtige wraak towerspreuke te bewerk. n’ Heks of n’ toordokter wat weet wat die towerkunste behels, sal dit weet. n’ Praktiseerder wat enige sin van verantwoordelikheid het, sal die gevare baie duidelik aan jou stel. Hul sal eers elke moontlikheid, dat jy nie die towerkunste hoef te gebruik om jou probleme mee op te los nie, uit soek. Dikwels is n’ beter towerspreuk n’ vergifnis towerspreuk. Dit is n’ tipe towerspreuk wat jy in sangoma opleiding kan leer, siendende dat sangomas met goeie energie werk, hulle mense dien, en nie hul eie sakke nie.
African Healers – Traditional Healers South Africa
Wraak Towerspreuke
Wat is n’ wraak towerspreuk? Presies net wat dit se. Dit is n’ towerspreuk om iemand terug te kry. Hulle is gewoonlik vieslike towerspreuke wat afgesegde geliefdes, of besigheidsmanne wat verneuk voel, op mekaar plaas. Wraak is gif vir die een wat kwaad voel, en om kwaad te wees maak net die een wal kwaad is seer. Indien jy n’ wraak towerspreuk gebruik, sal julle al twee seer kry.
Wees dog net versigtig. In die geestes wereld is niks verniet nie. vergeet maar van die geld wat jy aan die toordokter betaal. Ek praat hier van die natuurlike wette van die heelal waaronder die geestes wereld val. Wat jy saai, sal jy maai. Om n’ wraak towerspreuk te gebruik sal jou verander. Jou persoonlike energie sal na wraak stink en enige heldersiendendes, mediums en psigiese mense sal dit vinnig optel. Vergeet liewer en vergeet! Jy sal n’ magtige heks nodig he om n’ wraak towerspreuk te weef. n’ Tradisionele geneeser of sangoma sal jou nie help nie. Jy het iemand nodig wat bereid is om donkere towerkunste te gebruik, aangesien enige goeie heks of geneeser sal weier om enige iemand seer te maak. Sodra jy n’ bose towernaar betaak het, neem net wel baie goeie kennis, het die towernaar nou eienaarskap van n’ gedeelte van jou. n’ Stukkie van jou siel is nou bedorwe deur die donkere kunste en is nou muti vir die wraak wat hy nou moet gebruik.
African Healers – Traditional Healers South Africa
Muti: Wat is dit?
Die Zoeloe woord “umuthi” het 3 betekenisse. Dit is boom, boom bas en medisyne. Dit word dikwels verkeerd gespel en dikwels verkeerd uitgespreek as “Muti” deur westerse mense. Muti het n’ baie slegte reputasie in Afrika, en word geblameer vir baie moorde wat plaas vind. Kinders is dikwels die slagoffers van so genaamde “muti moorde”, wat die moord is van mense vir hul liggamsdele vir die gebruik van muti.
Sangomas maak nie gebruik van hierdie praktyk nie en n’ heks wat wel gebruik maak van muti, word n’ “umthakathi” genoem. n’ “Umthakathi” is n’ baie magtige heks wat donker towerkunste praktiseer. Baie mense word daarvan beskuldig dat hulle umthakathi is en dit lei gewoonlik tot moord op die beskuldigde party. Towerspreuke word teen umthakathi gebruik en dit word deur magtige umthakathi gebruik. Sangomas, of iSangomas, sal mense help beskerm teen hierdie hekse en teen tokolosies wat som deur magtige hekse gebruik word.
Liefdes Towerspreuke
Verlore Liefdes Towerspreuke is nie altyd die antwoord nie. Vra jouself liewer: “Hoekom het ek my geliefde verloor? Was dit iets wat ek gedoen het?”. As dit wel was, dan is jou mees eenvoudigste verlore liefdes towerspreuk net bloot eenvoudig om op te hou om die dinge te doen wat jou geliefde weg gejaag het.
Indien jou geliefde na iemand anders se arms heen gegaan het, miskien is die persoon net nie meer lief vir jou nie. In hierdie geval, om n’ liefdes towerspreuk op die persoon te plaas, mag dalk die verkeerde opsie wees. Liefde moet vrulik gegee word. So nie, is dit nie ware liefde nie, maar n’ vloek op die persoon wat die towerspreuk geplaas het. Indien jy n’ towerspeuk gehad het wat op jou geplaas is, sal dieselfde towerspreuk brekers help.
Sangomas
Towerkunste en heksery word wydeliks regoor Afrika gepraktiseed. Dit is baie maklik om n’ toordokter, of n’ towernaar, of n’ sangoma te vind wat gewillig is om jou geld te vat. Daar is geneesers in Gauteng en sangomsa in Kaapstad. Trouens, selfs in jou plattelandse dorpie. Vra vir n’ goeie Sangoma, iemand van jou dorpie is altyd die beste. Tensy jy baie verlee is oor die verlore liefdes towerspreuk wat jy wil plaas! In daai geval, moet jy n’ toordokter soek wat nie jou familie of vriende ken nie. Jy sal ook weet, as jy verlee is oor die liefdes towerspreuk, dat dit miskien nie die beste ding is om te doen nie.

